Versprei hierdie
boodskap, stuur dit aan 'n vriend ! >>
? VROUE MONUMENT ?
HOEKOM NIE DIE
KINDER MONUMENT
Sodat die Boervolk van sy 24,000 Boere kinders kan vergeet
en hul siele verpand vir 'n valse Afrikaner identiteit
Die vroue monument is doelbewus vir propaganda en breinspoeling opgerig, en met 'n valse naam gedoop.
Waar word die monument opgerig, daar waar die Boervolk dit maklik te sien kan kry, NEE, maar daar doer in die bos
en op verlate vlaktes. Hoekom, juis sodat die Boervolk kan vergeet !
Hoekom is hulle opgerig, hoekom daar waar hulle vandag staan, en deur wie is hulle beplan en opgerig ?
Is daar dalk 'n sinistere rede, of is die net malligheid, dalk is daar tog 'n geheime agenda, iets wat ons nie op skool geleer is, of van ons weerhou is deur die Afrikaner om ons geskiedenis te herskryf om hul politieke agenda te laat slaag.
Hierdie stelling mag dalk nie sin maak, of sekere mense net seermaak,
maar lees hierdie stuk en u sal moontlik tot ander insigte kom,
wie weet.
'n Paar punte
- Wie was die Voortrekker
- Hoekom Voortrekker
- Wie is hy vandag
- Agterna-Trekkers moes daar ook wees of hoe
- Wie en waarvandaan is hierdie Agterna-Trekkers
- Wanneer het hulle Agterna Getrek
- Klugspul of woord speeling
- Wie het dit beplan en gebou
- Waar is dit beplan
- Hoekom nie gebou daar waar dit beplan is
- Wat was die doel met dit
- Vir wie is dit gedoen
- Is almal eens met dit
- Is dit werklik wat dit is
- Moet dit bly staan
- Vir wie moet dit bly
- Moet dit herdoop word ???? Beslis !!!
Kom ons kyk na die woord Voortrekker en sien of daar nie dalk
'n alternatiewe bedoeling met dit was, 'of is
dit werklik so onskuldig soos wat dit klink ?.
Die woord Voortrekker, is sinoniem
met die woord Afrikaner.
Hierdie woord het baie dieper betekenisse as wat dit op die oog af blyk.
Dit roep onder sekere Afrikaanssprekende blankes 'n gevoel van trots op
en roer aan die hart snare van die mindere. Tog is daar die vir wie dit niks beteken
nie. Ander weer sou dit eerder afgebreek wil sien, of dit daar staan of
nie gaan baie nie aan nie, sekeres is afstootlik gekant teen die
ding.
Hoe is al hierdie dubbele gevoelens dan moontlik, en dit nogal binne
een sogenaamde Afrikaner(nasie), of is dit sommer maar net
omdat mense nou nie altyd eenders oor 'n ding voel nie.
Kom ons loer net eers so kortliks in die geskiedenis terug en kyk of daar
dalk ander idees of gesegtes was wat ook verander het
nadat hierdie
? monument ? opgerig is.
Met die Groot Trek van 1836 / 8 het almal maar altyd net na die ou spul as
"Boere", "trekkers", en ook as die
"Trek Volk" verwys. ( buiten die vervloeking
as "KETTERS", dus moet alle Afrikaners van vandag
"KETTERS" wees !!! of is dit weereens net die
Boervolk ???)
Hierdie woord "Voortrekker" was nooit bekend gewees in die 19de eeu nie. Dit het
sy ontstaan gehad in die 20ste eeu. Baie lank na die trek
Die voortrekker word gesien as ??hulle ?? wie getrek het, en
wanneer dit paslik is, word dit ook sommer
inklusief ook hulle wie nie getrek het nie, en
so het 'n valse samehorigheids sindroom ontstaan. Dit het gelei tot
vergeetlikheid
aangaande die verlede. Dit het sielkundig die skeiding
van Kolonialer
of te wel Cape-Dutch en BOERVOLK, vanaf 1836 tot 1902
vervang met 'n
vergeestelike samehorigheids of eenheids sindroom van AfrikanerDOM na 1910.
Baie dom was dit wel van die Boervolk om die so te aanvaar en te behou.
Hierdie woord voortrekker, het gehelp met die politieke
brug bou tussen
die Boervolk en Cape-Dutch op die pad na 'n politieke mite, nl. die
AfrikanerDOM, om totale mag oor die Boervolk uit te oefen, want so is hulle die minderheid gemaak.
Die eintlike doel was die dood van die Boervolk.