Geloof

Met die nodige respek en eerbied aan die Heilige Woord van God word die volgende variasie op die tema van Job en die profete gegee om 'n paar interessante parallelle tussen die Boervolk en Job aan te toon.

In die land Suid-Afrika was daar 'n nasie met die naam Boervolk. Hulle was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy. Hulle het baie seuns en baie dogters gehad en elkeen het ook sy eie huis en motor besit en 'n bediende in die kombuis. En hulle was gelukkig en hulle harte sonder kommer. Onder die mense in Afrika was hulle die belangrikste volk.

Hulle seuns het om die beurt partytjies gehou in mekaar se huise. Na so 'n reeks partytjies het die vaders van die Boervolk hulle opnuut voor God verootmoedig, "want", het hulle gesê, "miskien het ons kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek."

Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle. Toe vra die Here vir hom: "Waar kom jy vandaan?" En die Satan antwoord die Here: "Soos vantevore het ek weer 'n keer die wêreld deurkruis." Die Here vra toe vir die Satan: "En my dienaars , die Boervolk, het jy hulle raakgesien? Hulle is vroom en opreg, hulle dien My en vermy die kwaad."

Toe antwoord die Satan die Here: "Dit is nie sonder rede dat die Boervolk U dien nie. U beskerm hulle, en hulle wonings en al hulle goed. Kyk, toe ek Job besoek het en alles van hom weggeneem het, het hy U net met groter ywer gedien. Maar laat ek nou hierdie volk se leier wegneem en aan hulle dieselfde rykdom en oorvloed gee as wat Job gehad het, en kyk of hulle U nie in die gesig vervloek nie."

Toe sê die Here vir die Satan: "Ek gee hulle leier in jou mag oor; ook alles wat hulle begeer. Net aan hulleself mag jy nie raak nie."

Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.

En op 'n dag, terwyl die leiers van die Boervolk in die Raadsaal by die see vergader, staan daar skielik 'n vlugteling uit die land van Edom in hul midde, en hy het nader gekom en hul geliefde leier met die skerpte van die swaard verslaan. Toe het die Boervolk opgestaan en sy klere geskeur. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê: "Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daar uit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die naam van die Here." Onder dit alles het die Boervolk nie gesondig of God verwyt nie. Maar hul harte was diep bedroef en hulle kon die dood van hul leier nie vergeet nie.

Eendag toe die Boervolk se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink, kom 'n boodskapper by hulle aan met die goeie nuus: "Die vooraanstaande Europeërs het almal vakansiehuise by die see - waarom nie ook julle nie?" Die Boervolk se jongmense sê toe vir mekaar: "Die routyd vir ons leier is verby; die goudprys het gestyg en daar is waarlik oorvloed vir almal, kom ons maak elkeeen 'n lening en koop vir ons ook strandhuise."

Hulle was nog aan die praat, toe kom daar nog een met goeie nuus: "Die Duitse sakemanne besit almal twee motors: 'n Mercedes Benz vir die man en 'n BMW vir die vrou. Waarom nie ook julle nie?" Die Boervolk se jongmense sê toe vir mekaar: "Kyk, ons moet net ons huislening vergroot vir 'n ekstra garage; die motor kan ons maklik op huurkoop aanskaf en oor dertig maande afbetaal."

Hulle was nog aan die praat, toe kom daar nog een met goeie nuus: "In die ryk en welvarende Amerika het elkeen sy eie swembad sodat hulle na die dag se arbeid daarin kan afkoel en ontspan." Toe sê die Boervolk se jongmense vir mekaar: "Dis 'n goeie plan! Kom ons bou sommer ook 'n braaiplek en 'n kroeg dan kan ons nog beter ontspan wanneer ons saans of naweke met 'n bier in die hand saam braai."

En die nuwe geslag van die Boervolk kon toe èèrs lekker partytjies hou en wyn drink. Hulle het ook soveel skuld gemaak dat hul al hoe harder moes werk, want die skuldeisers het gedreig om hulle pragtige vakansiehuise, ekstra motors, swembaddens, kroeë en bediendes weg te neem. Baie van hulle het nou self oor die naweke gearbei om meer geld te verdien sodat hulle ook al daardie begeerlike dinge in die winkels kon koop wat reeds in hulle bure se huise gepryk het. Selfs die Sabbat was vir hulle nou maar soos 'n gewone werksdag, en hulle het net eenvoudig nie meer die tyd gehad om dit, soos vroeër, te gedenk en te heilig nie.

Al hierdie voorspoed het aan hulle nuwe en groter bekommernisse besorg, bekommernisse wat nie uit hul harte wou wyk nie, en hulle dae was met sorge oorlaai. In die tyd wanneer ander diep geslaap het, is hulle ontstel deur gesigte in die nag, gesigte van armoede en bankrotskappe, en vrees en angs het hulle dikwels oorval. Drie van die Boervolk se vriende, Amerika, Japan en Europa, het verneem van al die sorge wat hom teister. Hulle het elkeen van sy eie plek afgekom om deelneming met hom te betuig en hom te troos. Europa het sy mond oopgemaak en gesê; "Ek sal jou vyfhonderd miljoen leen, maar dan moet jy apartheid afskaf." Toe maak Japan sy mond oop en sê; "Ek sal aan jou eenduisend miljoen leen, maar dan moet jy apartheid afskaf." Toe het Amerika nader gekom en gesê: "As jy apartheid afskaf, sal ek aan jou leen net soveel as wat jy nodig het."

Maar een van die Boervolk se profete het opgestaan en hulle geantwoord: "God het gesê ons mag nie met ander volke vermeng, verdrae met hulle sluit of saam met hulle aanbid nie... Kon dit maar weer met ons gaan soos lank gelede, soos in die dae toe God nog Sy hand oor ons gehou het. Dit was die beste jare van ons lewe toe ons vertrouelinge van God was." En 'n ander oudste het ook opgestaan en sy stem verhef: "God het ook gesê: die afgodedienaars mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou 'n strik wees."

Toe maak die Amerikaner sy mond oop en sê: "Kan 'n verstandige man soveel onsin praat, so vol wind wees? Dit is jou sonde wat jou die woorde in die mond lê."

En die profeet en oudste se eie vriende het hulle gespot en gesê: "Het julle die alleenreg op die wysheid? Wat weet julle wat ons nie weet nie? " Ook onder ons is daar ou manne en grysaards, manne selfs ouers as julle pa's. Weet julle dan nie dat die Eerste Woord van God verbygegaan het nie? Ons het nou 'n Nuwe Woord in sy plek gekry en daarin is alles ons veroorloof waarteen die Eerste Woord gespreek het, ook mag ons nou met ander volke vermeng, verdrae met hulle sluit en saam aanbid. Ja, kyk, apartheid is voorwaar 'n sonde." Toe het hulle omgedraai en aan Europa, Japan en Amerika gesê: "Vir so baie geld sal ons verseker die skeidsmure tussen ons en die heidene afbreek en ons sal dadelik ook belydenis doen oor die sonde van apartheid."

Die profeet en oudste het bedroef die vergadering verlaat.

Toe het die Here die Boervolk gewaarsku deur die diens van elke profeet en siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou My gebooie, My insettinge. Maar hulle het nie geluister nie en hulle nek verhard, en hulle het Sy verbond verwerp en agter afgode aangeloop en agter die nasies aan wat rondom hulle was van wie die Here hulle beveel het om hulle af te sonder.

So het die Here dan baie toornig op die Boerevolk geword en hulle in die hand van hul vyand oorgegee: Die ANC, SAKP, PAC en nog baie ander. En Hy het seuns hulle vorste gemaak en moedswilliges oor hulle laat heers. En die mense het mekaar verdruk, man teen man; seun teen grysaard en die veragtelike het die agbare stormgeloop.

En daar het 'n groot gekerm van die Boervolk opgegaan. Toe het die profete en oudstes hulle voor die Here neergebuig en gesê: "Nou lag ons vyand vir ons; vyande wat ons nie werd geag het om saam met die honde ons kleinvee op te pas nie. Hulle is tot niks in staat nie; hulle is uitgeteer deur gebrek en honger; die wortels van die besembos is vir hulle kos; hulle soek skuiling tussen die bossies; hulle is mense sonder verstand, sonder eer. Die gespuis val ons goedsmoeds aan; hulle bewerk ons ondergang; hulle kom tussen die puinhope aangestorm, en ons word deur angs oorval."

Toe het die Here vir die Boervolk aangespreek uit 'n stormwind uit; "Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Wie het die see opgedam toe hy begin uitborrel het? Hoe loop die pad na die plek waar die lig woon? Is dit op jou bevel dat 'n aasvoël hoog opvlieg? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor soos Ek? Laat brand dan jou gloeiende toorn, trap die goddeloses plat. Begrawe hulle almal, lê hulle weg in die graf. Dan sal ek teenoor jou erken dat jy jou deur jou eie mag kan red. Wie wil aan My eise stel dat ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die die hemel behoort aan MY."

Daarop het die Boervolk vir die Here gesê: Ons het oor dinge gepraat wat ons nie begryp het nie. U wonderdade was te groot vir ons. U het gevra, nou moet ons U antwoord; "Nou weet ons dat U tot alles in staat is. Nou het ons U self gesien, en nou verag ons onsself, nou sit ons vol berou, in sak en as."

En die Here het hul gebed verhoor en aan die Boervolk se vriende gesê: "Ek is kwaad vir julle, want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos My dienaars onder die Boervolk nie. My dienaars sal vir julle bid, en Ek sal hulle gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie." Nadat die profete en oudstes van die Boervolk vir hul vriende gebid het, het die Here die omstandighede van die Boervolk verander en hulle twee keer soveel gegee as wat hulle gehad het. Die Here het die laaste deel van die Boervolk se lewe voorspoediger gemaak as die eerste...

[Wee die land van Vlerkgegons. - Francois Richter]

Inhoudsopgawe