Geskiedenis poslys
Indien jy
belangstel in die geskiedenis van die Boervolk kan
ek jou op my poslys plaas en dan onvang jy elke dag 'n kort
boodskap oor wat met ons op daardie dag gebeur het. Dit
werk amper soos 'n koerant wat vir jou afgelewer word.
Heeltemal gratis
:-)
Party dae word
daar daar ook 'n foto gestuur, in die jpg formaat ,
van een van die persone onder bespreeking
Stuur vir my jou naam en van, dan plaas ek jou op die poslys.
Die gebeure met die Boere-Afrikaner die afgelope dekades, maar veral na die dood van dr. H.F Verwoerd, sal in die geskiedenis waarskynlik na verwys word as die analogiese tydperk waarin die volk Israel verkeer het toe die profeet Hosea gese het "My volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis..."(Hosea 4:6).
In sy boek,"Die gevaar uit die Ooste", waarsku GD Scholtz reeds in 1957 dat indien die Afrikanervolk nie bereid is om die lesse van die geskiedenis van ander volke, soos bv. die Romeinse Ryk en volk, die Egiptenare ens. wat van volksvreemdes arbeid gebruik gemaak het, te leer nie, 'n onderhorige volk sal word en uiteindelik sy einde tegemoet sal gaan. Adv. J G Strijdom het by verskeie Geloftedagvierings, en Dr HF Verwoerd by ander geleenthede, die Afrikanervolk teen die gebruikmaking van volksvreemde arbeid gewaarsku.
Vandag sien ons die gevolge van hulle waarskuwings deurdat volksgenote steeds op 'n roekelose wyse van volksvreemde arbeid gebruikmaak terwyl dit juis die grootste enkele rede en oorsaak is van die feit dat ons vandag 'n onderhorige volk is en tot 'n minderheid en verslawing in ons duurgekoopte vaderland gereduseer is. Daardeur word daar op 'n baie onverantwoordelike wyse met die toekoms van ons en ons kinders omgegaan.
Die VVO is bewus daarvan dat daar by verskeie kongresse van behoudende politieke partye in die verlede beskrywingspunte oor hierdie saak voorgele en aanvaar is waarin daar gepleit is dat daar van partyleiding se kant af drasties daaromtrent gedoen moes word. Dit is weggebere sodat dit, weens die omstredenheid daarvan, nie 'n verleentheid word nie.
By ontleding van die gevalle waar daar moorde op blankes gepleeg is, blyk dit by verre in die meeste van die gevalle, volksvreemdes te wees. Dit wys ook die gevaar wat volksvreemdes vir ons inhou. Dit lei derhalwe geen twyfel nie dat indien daar in die afsienbare toekoms in die verband nie iets drasties op georganiseerde en verantwoordelike basis gedoen word nie, daar op die Boervolk se grafsteen sal staan:
"HIER RUS DIE BOERVOLK. HULLE HET GEWEIER OM UIT DIE LESSE VAN DIE GESKIEDENIS TE LEER!"