HERALDIEKE

Dit is vandag taamlik algemeen bekend dat elke familie gebind is aan ‘n familiewapen wat deur ons voorouers ontwerp is. Verder het elke dorpie en stad in die Suid Afrikaanse Republiek sy eie unieke embleem. Ons kan selfs verder gaan en die embleme reg deur die beskaafde węreld vind. Dit is ook baie interessant om te sien dat die embleme op sekere plekke in die węreld glad nie voorkom nie. Kan dit dalk iets beteken ?

Indien ons hierdie embleme van nader bekyk sal daar waargeneem word dat sekere simbole herhaaldelik voorkom. As die herhaling van simbole in embleme een of twee keer voorkom kan ons dit as toevallig beskryf , maar as dit tien , twintig , dertig , keer voorkom sal dit moeilik gaan om enige helder denkende persoon te oortuig dat dit bloot as toeval afgeskryf kan word. Bloot die feit dat die simbole ook nie in iedere en elke embleem voorkom nie , is ‘n aanduiding dat dit ook nie ‘n standaard kunstenaars gebruik of gewoonte was nie. Daar moes ‘n rede hiervoor gewees het , mense doen tog nie dinge sondere ‘n spesifieke rede nie.

Ons kan dus die veronderstelling maak dat hier defnetief ‘n rede agter die gebruik daarvan moet wees. Kennis waaroor ons voorouers beskik het , dien as beweegrede vir die gebruik van sekere simbole. Die kennis het as gevolg van verskeie redes verlore gegaan deur die loop van die eeue.

As ons vandag alles beskou wat met ons in die verlede gebeur het , insluitende die trotse prestasies van ons voorvaders , sal dit goed wees om die nugtere denke van ‘n digter soos Carls Sandburg te onthou: Wanner ‘n nasie onder gaan of ‘n gemeenskap verval, word daar altyd een gemeenskaplike kondusie gevind. Hulle het vergeet waarvandaan hulle gekom het.

Die skrywer George Santayana het eens geskryf: Diegene wat nie die verlede onthou nie is gedoem om dit te herhaal.

Geskiedkundige kenners is dit ook eens dat die geskiedenis hom in siklusse herhaal. Is dit moontlik dat in die eeu waarin ons ‘n ontploffing van kennis beleef, daar iets is wat nie aan ons bekend is nie ? Dan kan ons onsself afvra of dit nie dalk die rede is waaroor God ons in sy Woord juis hieroor waarsku nie. JES 51:1 ~ Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag , wat die Here soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.

Omdat die kennis met betrekking tot ons herkoms , die rede waarom ons voorouers na Suid-Afrika toe verhuis het , ons volks-eie geskiedenis , geloftes wat afgelę is , en ‘n magdom van inligting , verlore geraak het deur die verloop van die eeue is ons gedoem om die verlede te herhaal. Selfs die Woord van God waarsku ons teen die toestand. HOS 4:6 ~ My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis ; omdat jy die kennis verwerp het , sal Ek jou verwerp , sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie ; omdat jy die wet van jou God vergeet het , sal Ek ook jou kinders vergeet.

Om terug te keer tot die simbole sal dit wenslik wees om terug te gaan in die geskiedenis so ver as moontlik om die mees akuraatste inligting te verkry. Kom ons kaan kyk in die Woord van God wat aangaande die onderwerp geskryf is.

Simbole van Israel of terug na Inhoudsopgawe