Wie is die volk?

Die woord "Afrikaners" behoort gebruik te word om na geen spesifieke volk te verwys nie , maar na die inwoners van die land Suid-Afrika. So word die Engelse , Boere , Zoeloes , Xhosas , ens , dan verkeerdelik aangespreek indien daar na hulle verwys word as die volk "Afrikaners".

Die internasionale wêreld het 'n persepsie dat alle Blanke mense in Suid-Afrika onder dieselfde groep sorteer en dat hulle 'n eenheid vorm en dat hulle tot onlangs gesamentlik verkies het om ander groepe onder die vaandel van apartheid te domineer. Hierdie is 'n wanpersepsie , geskep deur diegene wat die Boervolk wil vernietig. Die uiteindelike doel van die mense is om die land Suid-Afrika in besit te kan neem en om die suiwer gedeelte van God se volk totaal van die aardbodem te vernietig.

Alhoewel die internasionale wêreld reeds vir baie jare al verkeerdelik die Blankes van Suid-Afrika as 'n enkele etniese groep probeer voorhou , is daar in werklikheid drie duidelike onderskeibare groepe.

1) Engelsprekende Suid-Afrikaners
2) Afrikaners
3) Boere

Die onderskeid tussen hierdie drie etniese groepe is baie belangrik , veral as 'n mens werklik hierdie mense wil ken en verstaan. Om die verskil tussen die groepe te verstaan moet ons eers 'n bietjie in die geskiedenis terug gaan.

Alhoewel die eerste Blankes in 1652 aan die Kaap geland het , het hulle nie hierheen gekom as setlaars nie. Hulle was Hollanders wat 'n vars voorade depot vir skepe na die Ooste kom vestig het. Hierdie eerste Blankes , waaronder Jan van Riebeeck was , het kort daarna Suid-Afrika verlaat en nooit weer terug gekeer nie. Kort nadat hulle die voorrade depot ingerig het , was dit 'n ander groep Europiëers wat in die Kaap aangekom het en die ware kern van setelaars gevorm het. Hierdie setlaars het van verskeie Europese lande soos Holland , Duitsland , Frankryk en 'n paar ander kleiner lande gekom. Baie van die mense was afkomstig van Protestantse Kerkgenootskappe en het gevlug vir hulle geloof en oortuigings.

Stadig maar seker het 'n groep van hierdie setlaars teen die Nederlandse koloniale bewind begin draai. Dit het die sogenaamde "Vryburger beweging" tot stand gebring. Die Vryburgers was die eerste Blankes in Suid-Afrika wat deel was van die oorgangstaduim vanaf setlaars na 'n inheemse volk. Toe die Vryburger beweging begin het was baie van die mense reeds tot twee geslagte van Europa af verwyder. Dit was lede van hierdie gemeenskap wat uit die Kaap begin trek het , met die grootste motivering om van die regering ontslae te raak. Dit was die begin staduim van die Boervolk. Die pogings om kolonialisme te ontvlug was die oorsprong van die Boervolk.

Dit is egter ook so dat 'n groot hoeveelheid mense , eintlik die oorgrote meerderheid van die Blankes aan die Kaap , nie die Vryburger beweging ondersteun het nie. Die meeste van hulle was maar tevrede met die koloniale opset , baie soos vandag waar die meeste Blankes ook maar tevrede is onder die ANC regering . Hierdie klomp mense het die kern gevorm van wat vandag bekend staan as die sogenaamde "Afrikaners". Hulle het nie deel gehad aan die trek na die binneland van Suid-Afrika nie , en ook nie gedeel aan die oorlog wat teen Dingaan en sy Zoeloe impi's geveg is nie. Tydens al die ontberinge van die Voortrekkers was hulle almal veilig aan die Kaap. Hier dink ek aan enkele uitsonderings wat geweldig was vir die Boere:

Hierdie groep Blankes het ook geen deel aan die "Gelofte" wat die Boere aangegaan het met God die Almagtige net voor die "Slag van Bloedrivier" nie.

'n Derde groep Blanke setlaars het in 1820 in groot getalle in Suid-Afrika aangekom. Die Britse ryk het teen hierdie tyd die Kaap gedurende die Napoleonse oorloë in Europa begin betrek om die Oosterse Seeroete te bekom. As gevolg van die Britse besetting van die Kaap , het Britanje 'n groot aantal Engels sprekende setlaars na die Kaap gestuur. Die Engelse het hulle taal , godsdiens en ander kulturele opvattinge met hulle saamgebring. Hulle het ook die Afrikaans sprekende Afrikaners geweldig onderdruk wat Taal en Kultuur aan betref.

Kom ons kyk 'n bietjie na die Kaapenaars of ook dan die Kaapse of Nederlandse setelaars soos wat hulle in die verlede bekend gestaan het.

'n Groot hoeveelheid mense , eintlik die oorgrote meerderheid van die Blankes aan die Kaap , het nie die Vryburger beweging ondersteun het nie. Die meeste van hulle was maar tevrede met die koloniale opset. Die wat dan geen nasionalistiese ideaal gehad het nie , het verkies om hulle bande met Europa te behou en in die Kaap agter gebly. Die mense wat agter gebly het was uitsluitlik Nederlanders , maar dit beteken nie dat al die Nederlanders agter gebly het nie.

Toe die Britte die Kaap begin betrek , was die Nederlanders ook heeltemal tevrede daarmee gewees om getroue Britse burgers te word. Diegene wat dan in die Kaap agter gebly het , het onder ons Boere bekend gestaan as die Kaapse Nederlanders. (Cape Dutch) Hierdie groep het getrou enige Europese koloniale bewind ondersteun en hewig weerstand gebied teen pogings van die vlugtende Boere om hul bande met die koloniale regerings te verbreek.

Hierdie groep het op alle vlakke van die samelewing met die Boere verskil , eers rakende hulle houding teenoor kolonialisme en later selfs hulle taal. Dit is nie baie algemeen aan die res van die wêreld bekend dat daar selfs 'n duidelike verskil in die praatstyl van die Kaapenaars en die van die Boer bestaan nie.

Die hewigheid waarmee die Kaapenaars die Boere teengestaan het , het duidelik na vore gekom toe die Boere heeltemal uit die kerk van die Kaap uitgesluit is omdat hulle sou deelneem aan die Groot Trek. Die koerant van destyds , "De Zuid-Afrikaan" , was die eerste om die "rebelle" te herdoop na "emigranten Boeren" , en van daar die naam Boere.

Inhoudsopgawe