Astronomie
Vir amateur astronome (soos ons onsself noem) is dit die 'ultimate' om jou teleskoop te vat, jou boude seer te ry tot op 'n plek waar daar niks is nie. En ek bedoel niks. Nie ligte, karre, lug besoedeling of lig besoedeling. Ons het so plek gekry op 'n baie gawe boer se plaas naby Olifantshoek. (Ook die eerste keer wat ek met my Pajero in die rerige veld in is) Hierdie foto's is soos die Engelsman sal sê: "The morning after the whole night before". Ons het tot so +-2 uur gekyk en besluit om bietjie te gaan slaap tot +- 4 uur om lekker op te staan en nog bietjie vir Jupiter en Saturnus te kyk, wat teen daardie stadium lekker hoog sou gesit het. Ons was natuurlik so moeg van die vorige dag se ryery en nog die laat kykery dat ons heeltemal verslaap het tot so half ses. Hier probeer ons nog die situasie bietjie red deur te probeer kyk terwyl die son nog nie heeltemal op is nie.
Terug na Etienne se foto album