Ons Woonwa
Op pad terug van Manyane af het ons langs die pad net voor Lichtenburg gestop om te rus. Om die waarheid te sê het die kinders net te hard begin skree. Maryke is in die woonwa met die twee latte.
Ons tweede naweek wat ons weg was met die woonwa, was ons Rustenburgkloof toe.Wat 'n fantastiese kampterrein. Baie bome, lekker dik groen gras en baie om te doen. Ons het dit baie geniet. Die ablusie geriewe kort al bietjie aandag, maar die res het oor en oor daarvoor opgemaak. Volgens my is dit die beste munisipale kampterrein wat ek al teëgekom het. Nie eers die Eiland kampterrein van Upington kom naby nie (sien 'n volgende opdatering vir die Eiland). Hier kuier Ouma Ester en Oupa Dennis van Pretoria by ons vir die dag.
(Hou hierdie spasie dop vir nog kamp foto's)
Terug na Etienne se foto album