Die Kinders
Dit was 'n groot verassing toe ons hoor daar is twee kinders op pad. Die skok het ons eers later getref. Die skokgolf is nog steeds nie verby nie, maar ek dink dis darem nie meer te lank dan is hy darem grootendeels verby. Hier is 'n paar foto's waar die seuns allerhande dinge aanvang.
Die naweek by Rustenburgkloof het ek die twee vir hulle eerste swem gevat. Die water was verhit en vir hulle was dit soos een groot bad. Die ander mense het nie vreeslik baie gehou van die doeke wat so groot opgeswel het van die water nie. Ons was gelukkig redelik gou daar uit.
(Met die volgende opdatering plaas ek 'n paar eerste verjaardag foto's. Hou hierdie spasie dop !)
Terug na Etienne se foto album