Stap
Die volgende roete tussen my stap foto's is die Suikerboschfontein roete naby Carolina. 'n Baie interresante roete met baie water en amper heeldag in die koelte. Die koelte kos natuurlik 'n prys, want dit is heeldag in en uit klowe. Dit is 'n naweek roete en elke dag het amper aan die einde 'n lekker swemgat met ys kioue helder water. Die foto's hier is nie my eie nie maar dit is presies waar ons ook gestap en geslaap het.
Nog steeds by die Suikerboschfontein roete. Dit was ons eerste aand se hutte. Baie interresante hutte wat mens nie sien voor jy 10 meter van hulle af is nie. Op ons tweede dag was dit nogal senutergent om nie die hutte te kon sien nie en heeltyd te wonder wanneer kom die einde nou !
Seker my beste roete (en die een waar ek die meeste les opgesê het) is die Otter. WAT 'N BELEWENIS ! Die dae is nogal uitputtend, veral as mens so onfiks is soos ek was (vra vir Lanel). Op hierdie roete het ons Dolfyne en Walvisse gesien. Die eerste foto hieronder is, vir die wat dit nie herken nie (d.w.s. nog nie gestap het nie), die alombekende, wyd berugde, veelbesproke, BLOUKRANS rivier. Daar is mense wat al droogvoets deur hierdie monding gestap het, maar mense soos ons wat deur hom 'gesuffer' het wil eerder nie met sulke mense praat nie.
So lyk die gesig wat jy graag wil sien as jy daar iewers in die middel van niks opsukkel teen, wat vir jou voel, soos 'n 90 grade helling. Die is natuurlik die vakansie dorpie Nature's Valley. Hier het ons drie wat agter gestap het, natuurlik heel verkeerd en seker 'n ekstra 2 kilometer gestap tot by die restaurant aan die anderkant van die dorp. Met absoluute genade van Bo het ons mense ons daar raakgeloop en het die 'blaps' ons op die einde nie te duur te staan gekom nie.
Terug na Etienne se foto album