Tuis
Home

Izak se boeke
Izak's books

Ander publikasies
Other publications

Foto's van die gesin
Pictures of the family

Wie is Izak?
Who is Izak?

Kontakbesonderhede  
Contact details

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Biltong en Barakat

Saamgestel deur Rudi Daniels, Hettie Glass en Annarina Lubbe
Tafelberg
978-0-624-04283-9
2007

Alles goed en wel (Thirty-seven of South Africa's foremost short-story writers in one collection? Amazing! But then, Rudi Daniels and his team have a way of bringing together amazing books. This is a wonderful collection of stories that reflect the rainbow in our nation.)

Biltong is redelik bekend onder Afrikaanses, maar barakat? Barakat is die Arabiese woord vir padkos. As jy by 'n Moslemgesin gaan eet het, gaan jy waarskynlik 'n bietjie barakat kry vir die pad huis toe.

Ek het jare gelede al saamgewerk met Rudi Daniels op die bloemlesing Douspoor, daardie wonderlike verkoper van hom. Tóé al het hy gesê hy wil eendag my verhaal "Die model" bloemlees. Ek was gevly, maar boeke word nie sommer oornag gemaak nie.

So, toe Tafelberg eendag vir my 'n brief stuur en vra of Rudi maar die verhaal mag gebruik, was my antwoord natuurlik "ja"!

Rudi en sy span wou 'n boek saamstel wat die Suid-Afrikaanse samelewing in al sy mooi, en ook leed, toon. Tog is dit glad nie 'n swartgallige boek nie. Inteendeel. Dis 'n heerlike stuk retro wat saamgestel is om leerders die geleentheid te gee om die Afrikaanse letterkunde te geniet.

As enige iemand uit die buiteland vra vir 'n oorsig oor die Afrikaanse kortverhaal, sou dié boek naas Die Afrikaanse Kortverhaalboek van Abraham H. de Vries die aangewese een wees.

     izakdevries.co.za      

Created with
Evrsoft First Page 2006, the free HTML Editor!