Tuis
Home

Izak se boeke
Izak's books

Ander publikasies
Other publications

Foto's van die gesin
Pictures of the family

Wie is Izak?
Who is Izak?

Kontakbesonderhede  
Contact details

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Byna Liefde

Izak de Vries
Tafelberg
978 0 62404 684 4
2008

Byna Liefde (Love stories. Falling in love, being in love, getting married, being married, loving a spouse, sharing a spouse, losing loved ones … All these things that happen to people, happen in this collection. Some of these stories have been translated and appear in Rites of the ox.)

Dis lekker om verhale oor die liefde te skryf. Die meeste van ons het al liefgehad, het al geluk gesmaak en het selfs al 'n bietjie seergekry.

Hierdie bundel ondersoek wel kalwerliefde, maar die verhale kyk verder. Die verhale vra: "Wat gebeur na die troue? Hoe blý jy lief vir die mens met wie jy getrou het?"

Soms is dit maklik om lank en gelukkig saam te leef, soms is dit 'n uitdaging.

Dis 'n eerlike kykie na die liefde hierdie. Nie alle liefdes word outomaties gelyk aan 2,2 kinders en 'n huislening nie. Maar, sê die verhale, as jy kreatief werk aan jou verhouding met jou geliefdes, dan word die liefde 'n viering en 'n seëvierende triomf.

Dit is 'n baie positiewe bundel dié, al spreek ons heelwat kwessies aan wat handel oor die uitdagings wat mense in die oë staar wanneer hulle in verhoudings is.

Lees dit as jy geprikkel wil word, uitgedaag wil word en, bowenal, as jy glo in die liefde!

Waar kom die titel vandaan, wonder julle dalk? Wel, een van die karakters sê sy verkies die liefde in die ware lewe, nie die liefde in stories nie. Verhale oor die liefde sal altyd net "byna liefde" wees, ware liefde vind jy in die arms van 'n geliefde!

     izakdevries.co.za      

Created with
Evrsoft First Page 2006, the free HTML Editor!