Tuis Home
Ander publikasies
Foto's van die gesin
Kontakbesonderhede
|
Alles goed en wel, lagstories na willekeurSaamgestel deur Abraham H. de VriesLAPA 978-0-7993-3992-5 2007 (This is a bumper collection of seventy short stories by some of South Africa's best-known Afrikaans authors. Each has a humorous twist in the tail.) Ek was nogal benoud toe die gawe mense van LAPA my vra om 'n humorverhaal te lewer. Humor is moeilik, veel moeiliker as wat die meeste mense besef. Maar, deurdruk, dié wou ek. En uiteindelik het ek baie positiewe kommentaar op my verhaal gekry. Die titel van my verhaal is "Antie Dickie en die vleisies." Nou, sien, Antie Dickie is lief vir vleisies. Lees self watse slinkse planne sy beraam as haar buurman beentjies weggooi waaraan die vleis nog sommer dik sit. En, o wee, die perde galop behoorlik toe die skaapboud se been skynbaar nie is waar dit moet wees nie! Dit was een van my eerste flirtasies met die kontreiverhaal. Hier is wonderlike skrywers opgeneem in dié bundel: Hennie Aucamp, Chris Barnard, Breyten Breytenbach, Abraham H. de Vries, PG du Plessis, Koos Kombuis, Dalene Matthee, Dana Snyman, George Weidemann, en nog vele meer. Dit is 'n voorreg om saam met dié mense gebloemlees te wees! |
izakdevries.co.za |
Created with
Evrsoft First Page 2006, the free HTML Editor!