Tuis Home
Ander publikasies
Foto's van die gesin
Kontakbesonderhede
|
Spesiale daeNasou Via Afrika2003 06250333485 / 0625033477 (Also available in English.) Hierdie pragtige boekie is een van die lekkerste - en moeilikste - waaraan ek nog gewerk het. Dit is ryklik geïllustreer deur een van ons land se grootste illustreerders, Alida Bothma. (Jean Reid en Johan van Lill het ook baie gehelp om 'n sukses te maak van die publikasie. ) Daar is eintlik twee boeke met dieselfde titel: 'n Enorme boek wat meer as 'n halwe meter hoog is, vir die onderwyser, en 'n kleiner een vir die jonger leser. Die titel sê dit reeds: Ons werk hier met spesiale dae. Ons sien die verskillende vieringe deur die oë van Karel Kameraman. Ek plaas enkele stukkies detail uit Alida Bothma se sketse, maar 'n mens moet werklik die tekeninge in hulle geheel sien om die prag daarvan te waardeer. Ek het grootgeword met boeke waarin Alida se sketse voorkom, so toe ek gevra word om haar van nota's rakende die boeke te voorsien, was dit 'n bietjie soos om skielik 'n e-pos met instruksies aan God te stuur! Maar toe daardie eerste, rowwe sketse terugkom, kon ek reeds sien: Sy weet presies wat ek ingedagte gehad het!
Aangesien dit oorspronklik vir die skolemark geskryf is, is die boek nie so geredelik beskikbaar nie. Dis nogal jammer. Enige een wat graag 'n kopie wil besit en sukkel om dit te kry, kan gerus aan my skryf. |
izakdevries.com |