Tuis Home
Ander publikasies
Foto's van die gesin
Kontakbesonderhede
|
StoriejoernaalSaamgestel deur JP en Ria SmutsMet Heleen Stevens, Jan Visagie, Rina Lamprecht en Rashida Noor-Mohamed Best Books 978 1 77002 245 9 2008
(This collection has been created for students in their final year at school. For once the Department of Education selected a large and meaningful variety of stories, some even quite modern. Excellent references accompany each story. I have two stories in this collection. One story, "Mutsuku", has been translated and appears in Rites of the ox.) Twee van my verhale verskyn in hierdie moderne bloemlesing. Hulle is "Mutsuku" en "Die Engelman". Ek is nogal trots op hierdie bundel. In die verlede was die verhale wat aan die arme skoliere voorgeskryf is, soms vreemd. Dié keer het die departement van onderwys se amptenare uit hulle pad gegaan om lekkerleesverhale te kies. Daar is ou verhale, en baie moderne verhale. Om dus hier te verskyn saam met Hennie Aucamp, Johan C Bakkes, Abraham de Vries, EKM Dido, Willem Fransman, Elise Muller, Jan Rabie, Riana Scheepers, Ria Smuts, Dana Snyman, Dolf van Niekerk en nog vele ander, waaronder my vriend Madlala Makhaza, is nogal iets om oor huis toe te skryf. Elkeen van die verhale word vergesel van 'n groot aantal baie interessante, uiters deeglike aantekeninge. Ek sou sê enige leeskring sal die verhale en die aantekeninge baie geniet en regtig waardevol vind. Terloops: Toe ek op skool was, het JP Smuts al boeke saamgestel. Ek het altyd gedink: "Wow... Ek wonder hoe dit moet voel om in só 'n boek te wees?" Nou weet ek, en die antwoord is: "Lekker!" |
izakdevries.co.za |
Created with
Evrsoft First Page 2006, the free HTML Editor!